Die Plan vir Ons Verslawing, geskryf deur dieselfde mense wat jou Heiligste Boek geskryf het
Die enigste boek belangriker as hierdie, is die Woordeboek. Tussen daai twee, sal jy jou Gunsteling Heilige Boek beter verstaan.
Die Paranoid Goy bied aan:
Die enigste volledige Afrikaanse weergawe van die vergaderingsnotules (Protokol) van die geleerde ouderlinge van Sion wat hy ooit self gelees het.
Die Protokol van die Geheime Ontmoetinge Van die Geleerde Ouderlinge van Sion, om hom nou reg te noem. Ons vertaal hom hier na Afrikaans, so korrek as wat ons eie taalkunstigheid ons toelaat. Naas die verklarende woordeboek, is hierdie die belangrikste dokument wat u ooit kan lees.Die Protokol word altyd aangebied met ‘n verduideliking dat dit eintlik ‘n vervalste bedrogspul is, dat dit geskryf is deur een of ander ou wat Jode haat. Eintlik maak dit nie een kriesel saak wie die ding geskryf het nie, die feit is, dit is een honderd persent korrek, asof ‘n profesie vanaf Bo, oor die dinge wat vandag met die mensdom gebeur.
Vergadering een is 'n tipe verwelkoming en voorlopige opsomming van die agenda vir die res van die seminare. Ons begin met 'n aanmaning om die betekenis van woorde goed deur te dink. Na jare se lees en bespreking, was dit hierdie eerste openingsparagraaf wat uiteindelik die res van die dokument laat sin maak. Die res van die hoofstuk dien om ons te herinner dat alle volke behalwe Sion 'n klomp drek is wat na geen rede luister anders as 'n ystervuis nie.
Om ons ondergang aan te help, verduidelik die spreker dan ook die beginsels agter Liberalisme en Meerderheidsregering, albei verdoesel, as Vryheid en Demokrasie. Ons sluit af met 'n herinnering dat dit ons agterlike wanopvatting van liberalisme daartoe gelei het dat ons leierskap geen kans kry om te regeer nie, want ons vervang hulle "soos vrot kouse", net soos beplan.
Vergadering twee was seker op golf-dag, as mens die kort notule lees. As mens egter dink hoe die gemiddelde sakevergadering gaan, met skyfies en diagramme en mense wat met stokkies op belangrike punte tik, kan ons aanneem elkeen van hierdie vergaderings kon 'n hele dag se voordra en opsom en besprekings kos. Hierdie hoofstuk verduidelik hoe ons van ons eie belange vervreemd sal raak, deurdat alles wat ons leer, op nonsens berus, sodat ons 'adviseurs' nodig het. Volgens die reels van ons verslawing, sal hierdie adviseurs natuurlik almal Sion se agente wees.
Om seker te maak ons vind niks snaaks of ongerymd aan hierdie grootse bedrogspul nie, sal die Media ons vermaak, verlei en verkeerd opvoed, volgens die agenda wat ons nooit sal raai nie, want ons is te besig om duur stokperdjies na te jaag.
Vergadering 3 was sekerlik gelei deur 'n voorsaat van vandag se Israeli president. Die mensdom word beskryf as 'n stomme, bloeddorstige dier wat aan die neus gelei word om sy eie kos te bekak. Hulle spog oor die manier wat hulle die koninklike gesinne uitegwis het, hoe hulle die Franse Rewolusie gestook het, hoe hulle Liberalisme en Kommunisme en allerhande valse teorie aan ons afgesmeer het as 'oplossing' van die probleme wat hulle agteraf stook.
Hulle giggel oor die manier wat ons politici niks anders kan doen as om rond te sit en stry oor dinge wat hulle opgevoed was om nie te verstaan nie. Hulle is baie trots op hoe hulle ons almal geleer het in nonsens te glo en ons 'moderne' beskawing daarop te bou. Die hele proses om ons te verdeel en teen mekaar op te stook word verduidelik. Ons noem dit Demokrasie!
Die hoogtepunt van hierdie hoofstuk, is waar hulle verduidelik hoe ons "verlos" is van slawerny, sodat ons nie die regte, voordele en menswaardigheid van slawe kan geniet nie.
Vergadering 4 was weer ‘n kort enetjie, of dalk baie lank, afhangend van vrae en verduidelikings. Om God te vermoor is sekerlik ‘n gewigtige saak wat baie praat sal kos? Gelukkig is Geld ‘n goeie plaasvervanger, dis hoekom die aandelebeurs seker maak alles daarvan loop opdraand na die grootste poel toe. Op die afdraand is daar net ‘n gestryery oor wat dit alles eintlik beteken vir “die ekonomie”. Al hierdie word vermag deur ons opvoeding so te verdraai, dat dit ons nikd opvoed nie, en die van ons Heidene wat wel regkry en tyd kry om te dink, sal net bloot vertrap word deur die aangehitsde opinie van die skape in die skare..
Vergadering 5 is sekerlik gelei deur iemand wat vir almal wil wys hoe sterk hy is, en hy som ons ondergang op in ‘n paar punte: Ons word verwyder van God en Volk, die regstelsel vergoed kriminele en straf vrye opinie. Ons is ontneem van tradisionele leierskap, en enige samehorigheid tusen ons word uitgedelg as ‘n bedreiging teen Sion.
Om al hierdie reg te kry, word ons opvoeding, vermaak, finansiële- en regstelsel gekorrupteer, sodat ons geen kennis, begrip, of selfs net belangstelling kan betoon aangaande ons eie welsyn en toekoms nie. Al wat ons mag weet: Goud is God, en Sy redding is nie vir arm heidene nie.
Vergadering 6 is amper uniek, deurdat net een tema behandel word, naamlik die verslawing van die Goyim deur middel van die effektebeurs. As enigiemand nog twyfel of spekulasie waaragtig ‘n duiwelse ding is, lees voort, hier verduidelik die menere alles; inflasie, geldkrisisse, grondonteiening en wat ons hier noem, Universele Bantoe-opvoeding, oftewel Uitkomsgebasseerd/cirriculum 2021, Meestersgrade in geslagsdifferensirasionalisering en al daai...op skuld, natuurlik.
Vergadering 7 was waarskynlik gelei deur ‘n relatief nors omie met min woorde. As hy doekies omdraai, is dit nie terwyl hy praat nie! Hy vertel ons die waarde en oorsprong van terrorisme, oorlog en natuurlik die rol van die Verenigde Nasies en die uitwissing van die middelklas. Die eerste sin som eintlik die hele Sionistiese kultus, ag ‘skiestog, Globale Sakeplan op: Hope armes en hope polisie, en die miljoenêrs wat seker maak die polisie staan tussen die armes en die kos.
Vergadering 8 gaan voort in die gees van vergadering sewe, maar nou praat ons meer oor die korrupsie van ons wetgewing en openbare instansies. Ons noem weer die skild van miljoenêrs rondom die ..um... wie het hierdie Plan uitgedink?
Laastens word ons verduidelik die herkoms van die Kakastokrasie, ons leierskap van aristokrate wat eintlik die vieslikste klomp kaka is. Wie van ons gaan huil die dag as hulle kaka? Sal ons ooit vra wie dit is wat ons “red”?
Vergadering 9 is ‘n mengsel van spogtery en dreigemente. Die spreker is vol vertroue dat hulle die Goyim se opvoeding lei waar hul wil. Deur ons ‘n klomp nonsens in die kop te praat, het ons kultuur, identiteit en geregtelike eerbaarheid verloor, afgesweer as politiese foute, terwyl ons die valse beginsels vanuit ons vyand se mond herhaal as natuurwette en heilige evangelie. Om te verhoed dat ons agterkom ons word mislei, en om te voorkom dat ons saamkom en saamstaan en saam veg teen ons universele vyand, word ons opgedeel in strydende partye, gelowe, politiese kampe... enigiets dat ons tog net nie saamwerk nie.
Vergadering 10 is nie vir sissies nie. Die hele distopiese hel van die toekoms word breedvoerig verduidelik, en ons Goy gemors sal vuriglik deelneem aan ons eie verslawing. Ons eerste bydrae tot ons eie ondergang, is ons tekort aan belangstelling in die doen en late van ons leiers, sit daarby ons foutiewe begrip oor dinge wat ons opgevoed word om nie te verstaan nie, skommel met ongenaakbare ekonomiese geweld teen die bevolking, en versier met ‘n reeks vergrype deur ons Kakastokrasie, die skuim wat aangestel word om voor te gee hulle regeer ons. As iemand kla, vertolk die wet op ‘n manier wat die klaer na die krimineel laat lyk.
Vergadering 11 was sekerlik weer die norse omie met al die medaljes aan die woord. Hierdie spesifieke tegniek word deesdae gereeld toegepas deur die petrolprys. Sit hom op met 80c, terwyl die mense nog skarrel om kop bo water te hou, verkrag ons gou die regstelsel om byvoorbeeld ‘n nuwe soort ‘finansiele voertuig’ wettig te verklaar. Bring hom af met drie sent net voor die president die volk toespreek. Sit hom veertig op terwyl ons die skole se befondsing onttrek, haal tien sent af voor die verkiesing. Alles een groot verhoogspel, met tussenposes van brutale ekonomiese geweld.
Vergadering 12 is een van die wat mees profeties klink. Die Internet het amper hierdie tegniek ontwyk... vir ‘n rukkie. Sensorskap is besig om al verder te kruip, dokumente is besig om van mense se kompers te verdwyn, en selfs hierdie webwerf sal sekerlik ook belas word, sodra Die Algoritme grootword en gradueer. Ons leer ook hoekom selfs die ANC veg om die fondse te volhou vir die Opposisie in elke wyk, maak nie saak hoe wit ookal. Opposisie verleen ons die geleentheid om te dink iemand kan dalk ons verslawing keer.
Vergadering 13 volg netjies op 12, dalk na middagete? Die Pers mislei ons, en ons weet dit nie, want jirretjie tog, het jy Saterdag se wedstryd gesien, maar vertel my later, nou gaan ons eers na daai blink nuwe inkopiesentrum toe! Om te keer dat ons dalk belangstel in politiek, gee hulle ons allerhande snert om oor te stry, soos minimumlone, terwyl hulle agter ons rug wette maak en breek soos dit hul pas. Wie kan stry teen ‘n wet wat reeds afgevaardig is? Wie kan dit bekostig om ‘n saak aanhangig te maak, as almal minimumloon verdien?
Vergadering 14 word gelei deur die satanskind wat seker die kamer ingekom gedurende vergadering 13. Alle godsdiente behalwe die van Sion word verwoes, en dan aanbid ons almal die god van Sion, wil of nie. Die belangrikste deel hier is waar hy verduidelik dat die wet van Moses verkrag is om voor te hou as godsdiens, en alle kritiek word stilgemaak deur smaart eksperts wat verduidelik hoe kaksleg en onnosel ons heidene is. Jy beter saamstem, anders gee hulle jou Welsyn, die grootse opraper van armansgeld, die ergste verduiselaar van jongmense se toekoms.
Vergadering 15 stel ons bekend aan die Ystervuis van Geregtigheid, geklee in die fluweelhandskoentjie van Vrymesselary, wat wurg aan die regstelsel tot daar vir ons dom Goyim vee niks anders oorbly as plig en straf, en straf en plig, en straf en straf... en ons is blykbaar te onnosel om dit te keer. Hierdie seminaar gee wel twee redes om beter te voel:
Die fluweelhandskoen geweef uit gierige samesweerdertjies met snaakse rituele, sal gebrand word om van die getuienis ontslae te raak. Tweedens eindig die vergadering met ‘n sinnetjie wat Donald Trump se presidentskap (en nou al die ander) tog te mooi voorspel. Die vertaling is direk, en dui eintlik na ‘n soort klipstandbeeld-platform op die dorpsplein, vir die koning se stoel wanneer hy kom gesig wys. Die verste punt op aarde van jou naaste stoel af, is omtrent 20 000 kilometer. ‘n Afkondiging versprei tot daar in een uur? Dit klink vinnig! Profeties?
Vergadering 16 se filosofie is welbekend aan ons Suid-Afrikaners. Dit is ongelukkig so dat Bantoe-opvoeding nooit afgeskaf is nie, instede het dit die universele standaard geword...vir die hele wêreld! Ook bekend onder name soos “Outcomes-based education” en “Ciriculum 2000” of “UNESCO Vision 2010” of Amerika se “no child left behind”. Die ware betekenis van “equitable education” word mooi hier verduidelik. Die nuutste op hierdie front was natuurlik toe UNESCO verklaar het opvoeding is ‘n “onvolhoudbare aktiwiteit”.
Vergadering sewentien is ook propvol goeie nuus: Die einde aan prokureurs en advokate, korrupte amptenare en psigotiese polisiemanne. Die slegte nuus is egter ‘n donker wolk wat geen silwer randjies duld nie, al die bogenoemde verlossings was toe al die tyd Hulle toedoen, in elk geval. Ons laaste hoop kon dalk van Bo kom, as dit kom voor hulle die laaste priester verlei en die laaste bybel brand, of wat jou geloof se heilige boek ookal genoem word... hulle is besig om hom te brand. Elke nuwe evangelie wat jou kind huistoe kom mee, is nog ‘n stap nader aan die “regte” godsdiens, blykbaar.
Vergadering agtien gaan meer oor die sogenaamde “geheime diens”, oftewel die klomp spokee in duur swart pakke en donker brille wat rondom elke amptenaar koek soos vlieë op ‘n drol. Brommers om die kakastokrasie... Tenminste sal ons dan ontslae wees van die vervlakste “blouligbrigade”. Die slegte nuus? Om seker te maak jy dink nie dalk aan moord op ‘n politikus nie, moor hulle jou die dag as hulle uitvind jy dink aan politiek...
Vergadering 19 verduidelik ietwat van die polisie se ware doel in die ‘moderne’ samelewing. ‘n Vinnige verwysing na ons onmag teen die mag van die Staat, ons lae bestaansreg in die oë van die Polisie, en om seker te maak ons vergeet alle idees oor ons politieke mag, sal ons geleer word dat kritiek teen ons meerderes blote terrorisme is. Is u bewus die naam wat die polisie gebruik vir burgerlikes is “Hase”? Hulle sê ons verstar nes hase as hulle ons “in die lig sit”.
Vergadering 20 is dalk die belangrikste dokument wat enigiemand ooit geskryf het. In 42 kort paragrafies word die hele sisteem van skuldslawerny in breedvoerige detail uitgespel. As ons, as lede van die menseras, ooit gaan opstaan, afskud en terugveg, dan is hierdie waar ons moet begin.
Vergadering 21 gaan voort op die vorige, maar die keer met “oplossings” vir al die probleme wat ons Goyim nou ervaar. DADA (en P.Goy) is vasberade dat ons die Protokolle skaak en bloot net omdraai in ons guns, ons as mensdom. Hierdie spesifieke vergadering, egter, is een wat ons nie sal toepas nie, nee, hier beskrywe die spreker presies die metode waarmee hulle grootskaalse bedrog verander kan word in wetgewing. Dit is besig om te gebeur (Derivatives, Financial Vehicles, NZIRP ens.) en ons moet dit onmiddelik uitroep, aanroep en aankla vir wat dit is: Internasionale finansiele bedrog, afgedwing met lyding en geweld, te danke aan die CIA/satanistiese pedofiel netwerk en hulle (ons) weermagte.
Vergadering 22 vertel meer oor die karakter van ons vyand. Dit blyk die storie werk so: Ons Goyim is geleer om goud te aanbid, toe raap Hulle alles op wat ons kon opgrawe. Nou is goud Hulle Mag, wat Hulle sal gebruik om Hulle god aan ons op te dring...maar daardie god is Goud? Al wat jy moet weet, is dat Goud jou gat sal red uit jou stoepit Goy leierskap se gat wat Goud vir hulle gegrawe het. Of so iets.
Vergadering 23 is amper die einde van ons lyding. Nie net kan ons ophou hoor hoe kaksleg en dierlik die Goyim is nie, maar nederigheid is blykbaar ons laaste les. Vir die onkerstenbare kapitaliste onder ons, is daar dan ook een laaste les: jou reusemaatskappy sal ook vernietig word, voor dit jou wangedagtes aansake owerheid gee... Die grootste wapen van ons vyand, markmonopolie deur onaantasbare biljoenêrs, is dan ook sy grootste vrees, naas opgevoede, onafhanklike en skuldvrye burgers met nasietrots. Mens kan nie patriotte vertrou nie, die goed let te skerp op wat om hulle aangaan...
Vergadering 24 is die laaste een, dank genade! Vir ‘n slag word die Goy diere nie uitgeskel nie, instede word ons bekendgestel aan ons nuwe opperheer. So hard as wat vorige protokolle sy goddelikheid probeer voorpraat het, is hy maar net nog ‘n pop wat hang aan drade wat niemand kan sien nie. Hierdie toespraak gee rede om te verhoed dat die mense.... goete wat hier praat, nie regtig menslik is nie, soos in ‘n heeltemal ander spesie? Hulle haat die mensdom, en erken openlik hier die oorsprong en doel van terrorisme. En wie is dit wat die politieke poppe se toutjies trek? Geen antwoorde hier nie, ongelukkig.