Elke sel in jou lyf het ‘n standaard struktuur. Die selwand bestaan uit vet, en jy weet self hoe water en vet nie meng nie. Binne hierdie sakkie van vet, is daar ‘n druppel protëin. In hierdie druppel swem daar sekere dinge wat netnou belangrik sal word, maar nou wil ons eers praat van die klein sakkie daarbinne, ook gemaak van vet, en dit is jou selkern, met 23 pare (23 vanaf Ma, 23 vanaf Pa) lang stringe DNA, genaamd chromosome, elkeen in die vorm van ‘n lang, baie lang leer. Dat elke leer opgeskroef is in die vorm van ‘n helix maak nie nou saak nie.
Wil jy graag ‘n string DNA sien? Maklik, maak suikerwater teen 20 grade Celcius, gooi bietjie gis in, en wag ‘n paar dae tot hy ophou borrels maak. Verdun jou konkoksie met koue water in ‘n groot deursigtige houer. Jy behoort sulke lang snotterige toutjies te sien rondhang. Dit is ontskroefde DNA stringe, uit oopgebarste dooie gisselle. Om die skaal reg te kry: elke toutjie is sigbaar slegs omdat daar onsuiwerhede aankoek, anders sou die ding onsigbaar dun gewees het, mikroskopies, elektron-mikroskopies, omtrent 20 nanometer (twintig biljoenstes) in deursnee. Die lengte, daarenteen, is alles waar, daai snotstring is minstens 40mm lank, is dit nie? Dit beteken dat as jy jou leer opskaal tot iets wat jy kan klim (een voet breed), sal die ding halfpad na jou televisiesatelliet strek, 16 duisend kilos!
As dit nou een van jou eie stringe DNA was, sou die leer omtrent vyftigduisend kilometer lank wees, met tweehonderdmiljoen sporte, en jy het ‘n kamer vol van die goed in elke sel. Die sporte is maar almal dieselfde, maar die twee style bestaan uit vier afwisselende stowwe, kom ons noem hulle A,B,C en D. Elke sport verbind twee soorte materiaal, kom ons sê A en B, of C en D, maar nooit AC of AD nie. As ons die leer se sporte middeldeur breek, en een helfte weggooi, kan ons steeds die leer korrek regmaak, want die een styl se ABCD-volgorde bepaal noodwendig die ander helfte se volgorde. As die linkerkantse volgorde ABCD is, moet die anderkant noodwendig BADC wees. Hierdie is belangrik vir ons storie, want dit is wat PCR gebruik om sy ding te doen.
Daai snotstring in jou giskonkoksie kan allerhande vorme neem, afhangende van temperatuur, suurgehalte, chemiese samestelling. Deur met hitte te speel, kan jy so ‘n leer uitmekaar ruk, die sporte breek, sodat net die style oorbly. Met behulp van ensieme kan jy dan weer elke styl gebruik om ‘n volledige leer te bou. Met die twee kante van die leer, kan jy twee lere bou. Ruk daai twee lere uitmekaar, herbou na vier lere. Breek daai, bou agt. Na tien keer se breek-en-bou, sit jy met 1024 lere. Na twintig is dit 220 oftewel 1 048 576 lere. Die PCR proses gaan tenmiste tot by 24, selfs meer. Die kroonvirus-moegoes doen dit tot 40 keer, dit gee jou 240 kopië van elke liewe snotstringetjie in jou sel. Dit is 1 099 511 627 776 lere vir elke een wat jy mee begin het. Hierdie is baie belangrik om te weet. Dis oor die duisend triljoen lere, maal die baie lere in jou sel. Dit is wat PCR doen, dit vermenigvuldig die genetiese materiaal, sodat jy dit kan ontleed. PCR ontleed niks, dit vergemaklik net ontleding deur ander metodes. Ons sal nou-nou een so metode gebruik.
Nou wonder julle seker hoekom ek nie net sê daar is 46 chromosome nie? Hier is waar ons storie naar word. Onthou julle die druppel proteïn van die sel, waarin die kern met sy 23 pare chromosoom ronddryf? Wel daar dryf ook ander goggas rond, bakterië, of binne jou sel, noem ons hulle mitochondria, “klein naaldjies”. Bakterië het ook selle, maar instede van DNA-lere, het hulle RNA, dink aan die voorkant van ‘n hark; sporte met net een paal. Soos gemeld in ons artikel aangaande die kroonviruspandemie se aanval op die Heilige Nagmaal, “lees” hierdie goggas die volgorde van jou DNA lere, en poep lang stringe proteïn uit. Daardie proteïne is onder meer die ensieme wat jou metabolisme reguleer. Al die genetiese kodes van jou kern en mitochondria saam, word genoem “jou genoom”. As ons jou “genetiese kode” moet neerskryf, baie boeke vol, sluit dit al die genetiese parte in; selkern, mitochondria, virusse, alles.
Dit raak nog erger; die covidiote wil nie bloed trek nie, hulle neem nie ‘n bietjie spoeg soos ander viroloë nie, nee, hulle steek ‘n wattestokkie (met goete op wat ons nie heeltemal seker is van nie, party mense sê selfs dat daai stokkie die eintlike inenting is) hulle steek daai stokkie op in jou neus tot teen jou breinvlies, dan hark hulle ‘n bol snot uit. Wat is snot, waar kom dit vandaan, en wat doen dit?
Die gevaarlikste natuurlike gifstof wat jy elke dag teëkom, is fungusspore. Nie net is die goed giftig nie, ‘n fungus groei bykans enige plek waar hy klammigheid kry. Dink net wat sou gebeur as daar paddastoele in jou longe moes groei! Maar omdat jy ‘n gesonde, intelligente mens is, haal jy asem deur jou neus, waar verskeie dinge gebeur: Klein haartjies filtreer allerhande stowwe en goggas uit, en die klewerige vloeistof wat ons snot noem, betrap amper enigiets wat daar verbykom.
Binne daardie klewerige vloeistof is daar... wag daarvoor... iets wat nes ‘n kroonvirus lyk! ‘n Kroonvirus, soos die covidiootvirus, is mos ‘n bolletjie met vingertjies, en nes die kroonvirus, is daai vingertjies die ding wat selle indring. Spesifiek steek die snotsel deur ‘n kiem se velletjie, en verhard dit, sodat die kiemselle nie kan verdeel om aan te teel nie. Of andersins, versag die kiem se velletjie, sodat jou witbloedselle hom kan aanval. Ons wag nog om te hoor wat snot nog kan doen, dié is nogal nuwe navorsing.
Die ding wat ek hier probeer oordra is dit: jou snot is ‘n warboel van stof, spore, kieme, stukkies vliegstrond en klein goggatjies wat versuip het. Dis hoekom grootmense sakdoeke dra, of snesies as die snotties dalkies begin loop as jy nies. In die algemeen loop die gemors af agter in jou keel, maag toe, waar die maagsuur hulle opvreet. Of die covidiote skraap dit alles bymekaar om te toets vir vreemde gene wat vir hulle geld kan maak as hulle jou vol pype steek en vol chemikalië pomp.
So, nou het ons ‘n bol snot, met allerhande genetiese materiaal daarbinne, aangeteel tot elke stukkie genetiese kode triljoene kere voorkom. Nou moet ons die warboel van gene kan rangskik, in volgorde. Jy kan nie ‘n mikroskoop gebruik nie, al het jy een sterk genoeg, want onthou, tweehonderdmiljoen lettertjies, vir elke “leer”, is baie werk om neer te skryf, nie waar nie? Dis hoekom ons eers vinnige kompers moes bou voor ons die “genetiese kode kon breek.” Maar hoe lees die komper daai lang stringe letters? Hy kan nie, maar ensieme kan. Onthou hoe die ensiem jou DNA “lees” en dan stringe proteïn afskei?
Kom ons doen ‘n oefening, met sommer net ‘n kort reeks gene, ons hou by die ABCD ding, maar ons noem hulle A,C,G en T, soos regte wetenskaplikes. Kom ons sê een van die pale lees in die volgorde:
CGTTACAATGCGGAATCTGTACAA
Nou kry ons ‘n ensiem wat die string breek as hy die letters ATG teëkom. Die resultaat in hierdie geval is verskeie stukke string:
CGTTACA en ATG en CGCAATCT en GTA CA
Soos jy sien, lees die ding vorentoe en agtertoe, dis net ‘n ensiem, nie baie verstand nie!
As ons nou die sop waarin hierdie stukke (maal baie triljoene kopieë van daardie spesifieke string) deur ‘n fyn reeks siffies sit, en ons rangskik dit in volgorde van grootte, kry jy die bekende ry strepies wat jy op TV sien as die speurder by die laboratorium gaan vra wie is die pa van die dooie ma se kind. Wel, eintlik word dit met elektrisiteit gedoen, makiesakie, dit rangskik dinge per grootte. Ons maak dinge bietjie eenvoudig hier, ons probeer jou nie deur ‘n biologie-eksamen kry nie. Die volgende diagram gee links die lengte van die stringe, en regs vergader die stringe naas die regte nommer. Kom ons sê elke minusteken is een miljoen stringetjies. Hoe korter die stringetjie, hoe hoër kan hy klim. In die regte wêreld word die strepies nie langer nie, maar well dikker/donkerder.
1
2 -------
3 --------------
4
5 -------
6
7
8 --------
9
10 --------
As jy ‘n ander ensiem gebruik, sal dit die lang string anders breek, dis hoekom al die polisiemagte dieselfde ensiem gebruik, sodat hulle die resultate kan bêre en met ander polisieafdelings se rekords vergelyk. Nou kan ‘n poeliesman in London jou vastrap met ‘n DNA toets gedoen toe jy stout was in Kartoem.
Maar hoe toets jy vir iets soos ‘n virus, want in daai sop dryf daar triljarde stukkies DNA rond? Met ‘n slimmer ensiem, of tenminste een wat langer stringe kan lees. Hoe langer die gebreekte stukkies stringe, hoe makliker om hulle te rangskik, maar dis ‘n storie vir anderdag. Nou soek ons net een string, of stuk daarvan, een wat voorkom in die (teoretiese model van) die covidiootvirus. Die WHO het besluit jy kan die covid-1984 Plandemievirus uitken aan die series:
CTCCCTTTGTTGTGTTGT
Dit is nie ‘n baie lang string nie. In ‘n genoom so groot soos die mens s’n, oor die tweehonderd biljoen letters, plus all die goete in jou snot, is die kanse groot dat daardie spesifieke reeks sal voorkom. Om die waarheid te sê, kom dit voor in Geen#8 van amper elke liewe mens op aarde! Dan praat ons nie eens van wat daai vlieg ookal geëet het nie!
Dan wonder ons hoekom daar al hoe meer “besmettings” is, hoe meer mense ons toets!
Die ander metode, is om daardie ensiem se uitskeidsels te toets vir 'n chemiese reaksie, nes die papierstrokie waarmee jy jou swembadwater toets. Sover het hierdie "spoedtoetse" gevind daar is covid-19 in tiere, bokke, papajas, coca-cola en kiwivrugte. Ons gaan nie eens tyd mors op daai nie, as jy nog steeds hierdie covid-nonsens glo, is dit jou eie skuld. Die president van Zambië het die covidiote 24 uur gegee om sy land te verlaat, ek wens ons president het soveel verstand gehad... maar dan maak Rhodesmaphosa meer geld as die hele Zambië, so...
Net tersyde: elke liewe webwerf wat hierdie inligting aan my bekendgestel het, is nou óf toegemaak of “reggemaak”. Selfs op my eie komper, is die data gekorrupteer wat ek gebêre het die dag toe ek dit vind. Baal Gates speel nie meer nie, hy is vasbeslote dat ons net die “regte” dinge glo. Want hy wil ons so graag help met sy duur inspuitings... Wat geen immuniteit verskaf nie! Fauci sê ons sal vir jare nog gevreetnêppies moet dra. ...en ons mag nooit weer ons Ouma soen nie.
En soos een van die gewese base van een van die wonderlike inentingsvervaardigers ons vertel: “Die inenting sal nie totale onvrugbaarheid veroorsaak nie, slegs sowat sestig to sewentig persent.” Nou vertel hulle my die nuwe, verbeterde kroonvirus val die knaters aan. Dis nie jou vrou se liggaam wat haar eie plasenta aanval nie, dis jou sperm wat gevrek het. Hierdie covidiote dink elke dag nuwe stories uit om ons mee te vermaak en verneder.
So, wat is jou keuse, ‘n geneties gemodifiseerde virus wat knaters knou, of ‘n inspuiting wat jou geen imuniteit aanbied nie, maar plasenta vergiftig? Of gaan jy jou groente eet en ophou gemorskos verorber, sodat jou liggaam homself kan verdedig, soos in die ou dae?
O, ek vergeet, slaai is mos vir sissies! Gaan dan maar heen met ‘n plastiekpyp in jou keel, maar eers nadat die heilige broederskap van witjasmartelaars al die geld gevat het wat jou kinders moes erf.