Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

In kruiekunde is daar ‘n beginsel bekend as die Doktrine van Simbole. Dis nou waar ‘n blaar in die vorm van ‘n niertjie, jou niere behandel, of dalk vergiftig. Dit klink net agterlik as jy niks daarvan weet nie, so ontspan, ons gaan jou nie probeer oortuig nie. Wat wel belangrik is om te onthou, is dat ander mense anders glo as ek en jy. Party glo so hard, hulle soek hulp om ‘n beter dief te word deur medisyne te maak van ‘n hand. Aaphande kan werk, maar mensehande sal dan nou beter wees, hoe jonger en sappiger, hoe beter natuurlik. Om ‘n hand van ‘n koue lyk af te kap, sal sinneloos wees, dit moet vars wees. Dis hoekom daar mense in hierdie wêreld rondloop wat kindertjies vang en sekere liggaamsdele oes vir ‘n ontstellende groot mark. Gril jy al?

Soos vermeld, stel ons voor niemand klim op hoë perdjies hieroor nie, veral as jy dalk rassistiese aanmerkings wil begin maak. Daar is heelwat wit mense wat dit doen, maar soms verskoon ons Wit kultuur deur hulle sataniste te noem. Of dokters. Dink maar net aan die inentings wat ons so graag in kindertjies pomp; amper almal bevat eienaardige bestanddele, soos byvoorbeeld die kompleet genoom van ‘n seuntjie geaborteer in 1946 of iets. Glo my nie? Die kind had blykbaar die genetiese merkers vir autisme, hy sou gebreklik gebore gewees het, met tot  157 verskillende kankers. Dis geen geheim nie, die kanker-inyangas sê hulle moet dit so doen, want kankerselle lewe vir ewig, daarom gebruik hulle dit om die virusse te kweek waarteen hulle jou gaan beskerm. Hulle het ook verskoning vir die nanometer-grootte metaalskerwe, almal kankergewend. Ons wag nog om te hoor hoekom daar baie keer Roundup in inentings is, of kunsmatige suiker... ‘n Afgekapte hand begin lekker klink.

Daar is ook dinge soos bloedplasma, bene, vel en organe wat ons van mense oes om ander mense mee te behandel. Elkeen stem seker saam, as jy jou lyf wil skenk aan “wetenskap” of ‘n orgaanskenker wil word, dan is dit jou besluit, en wie gaan keer, dis dan so edel? Dan is daar die ou wat hospitaal toe gegaan het vir ‘n hoesie, paar dae later is hy “dood aan kroonvirus”. Toe die familie hom kom haal vir die begrafnis, kom hulle agter die lyk is bietjie lig. Met nadere ondersoek vind hulle die ou het ‘n hele klomp organe weg, gesteel. Was hy vermoor daarvoor? Ons moet nog uitvind, die saak is vars, en in 2020 pandemie-Suid Afrika loop dinge glo bietjie stadiger as gewoonlik. Dis reg, in one eie land, net die ander dag. Nie in Agterbosland of Bolgravia nie, maar hier, in ons land, 2020. Maar dis nog niks.

Daar is een vent daarbuite wat glo ons glo hom as hy sê hy wil die wêreld red. Hy’s baie ryk, die man. Sy pappie het die aborsiebesigheid in Amerika aan die gang gekry, en die seun sit dit voort. Hy is glo baie besorgd oor ons voortplantingsgesondheid. Hy het klinieke oral oor die wêreld, hy skenk aborsiepille en ‘n soort stofsuier waarmee ongebore babas “veilig onttrek kan word” sonder die gemors en bloed waarmee aborsies gewoonlik verbind word. Derduisende stofsuiers en miljoene pille elke jaar, want hy is bekommerd oor ons aantelery. Hy is ook heel openlik oor sy gevoel dat die aarde oorbevolk is, en net 300 miljoen mense nodig het. Dis minder as 5% van ons huidige bevolking! Hy skenk ook miljoene inentings, soos papilomavirus inspuitings vir tienermeisies wat hulle permanent onvrugbaar kan maak. Of dood. Hy deel dit ook uit aan klein seuntjies, want siestog, “hulle moet nie uitgelaat voel nie”. Die finansiële voordele van sy skenkings sal ons nie nou bespreek nie, genoeg om te meld dat sy “skenkings” betaal word deur jou belasting, en hy word net ryker en ryker.

Sy aborsieklinieke verkoop die weefsel aan laboratoriums en instellings wat die dan gebruik vir pasiente wat spaar parte nodig het, of sommer net bababloedplasma soek vir kosmetiese bloedoortappings, omdat dit jou jonger laat lyk. Blykbaar is een gesonde lyk tot tweehonderd duisend dollar werd, dis drie of vier miljoen rand. Daar is hope mense wat hom probeer stop, maar die polisie laat niemand toe om in te meng met die besigheid nie, en arresteer jou sommer as jy byvoorbeeld daarop dui dat hospitale mense wegwys gedurende die kroonviruspandemie, restourante is toe, skole is toe, alles is toe, maar aborsieklinieke loop volstoom voort.  Eise dat Amerika tenminste die tydperk vir toelaatbare aborsies beperk tot die eerste trimester, soos in elke ander beskaafde land, is ‘n paternalistiese en ouderwetse aanval op vrouergte, want aborsie is die reg van ‘n vrou oor haar eie liggaam. Daarmee mag mens nie stry nie, en die vent maak seker ons weet hy doen dit om die meisies te red van armoede en lyding. Sy familie se “menslikheidsfonds” finansier politici wat saamstem dat aborsie aanvaarbaar is tot een jaar na geboorte!

Jare lank het ons die kinders vertel hoe wonderlik inentings is, maar omdat niemand eintlik meer polio kry nie, het die siekte half mities geraak. Tot ons held begin polio-inentings uitdeel in Afrika en Indië, twee bevolkings met oor die biljoen mense. Vir een of ander rede, niemand kan heeltemal verklaar hoekom nie, maar nou is daar honderde duisende poliogevalle, met tienduisende sterftes, en dit is net een inenting. In Suid Amerika besluit die vent om sommer sewe verskillende inenting in een “cocktail” te sit, en hulle spuit duisende vroue in, self party wat swaar swanger is. Paar maande later sit hulle met derduisende kindertjies met koppies so klein en vervorm, meeste sal nooit ouer word as twintig nie, en nie een sal ooit skool kan gaan nie. Die pers het oortyd gewerk om ons te vertel dit was as gevolg van die Zika virus, ‘n muskietgedrawe siekte wat nooit voorheen  enigeen siek genoeg gemaak het dat die gemiddelde persoon eens daarvan gehoor het nie, vergeleke met malaria, of tsetsekoors byvoorbeeld. Blykbaar gee dit jou een helse hoofpyn, maar dis dit.

Nou gaan die man ons red van verkoue. Om dit reg te kry, moet ons almal in ons huisies wegkruip tot hy ‘n inenting in elkeen kan inkry. Hy dreig ons selfs dat ons nie bang genoeg is vir die virus wat hy laat ontwikkel het nie, nou gaan hy ‘n nuwe een vrystel, “en die keer sal hulle waarlik kennis neem...” en sy vrou lag haar agterent af vir sy grappie. Net om die saak in perspektief te stel: Al die blink nuwe, peperduur privaathospitale en –klinieke wat regoor ons land opspring, met fensie kaffeetjies in die voorportaal waar jy als kan koop wat vol kanker en lyding is, ek bedoel aspartaam en MSG en preserveermiddels, daardie wonderlike sanatoriums vir duur toetsapparaat en opgesmukte pilverkoopsdames, die privaathospitale wat alles het behalwe genoeg verpleegpersoneel,  en heeltemal te veel skuldinvorderaars? Hulle almal behoort aan dieselfde ou. Toe hy Thabo Mbeki probeer omkoop om sy “gratis inentings” te aanvaar, was almal kwaad omdat ons president te dom is om ‘n geskenk te aanvaar. Toe Zuma sy kontrak teken, toe kom amper niemand agter nie; deel van die kontrak is dat ons regering ophou hospitaal speel en alles gesondheidsverwant privatiseer, met ons held as die grootste voordeeltrekker, bedoel Belegger. As jy kan bekostig om na ‘n privaathospitaal te gaan, beteken dit jy teken jou lewe oor aan ‘n vent wat biljoene dollars maak elke jaar deur ongebore babas te oes uit die baarmoeders van arm vroue, dan verkoop hy die spaar parte aan sy ryk kliënte wat oorplantings nodig het. Of sommer net vars bloed vir ‘n jonger vel...

Ja nee, daai vent is definitief die mees suksesvolle muti handelaar in die wêreld, en hy kan waarlik toor met geld. Nou het hy handskud afgeskaf, en die nagmaal uitgestel, tot ons almal sy wonderlike nuwe inspuiting ingekry het. Anders stuur hy vir ons ‘n nuwe, beter, “meer dodelike” virus, een wat ons blykbaar sal leer om “op te let” wanneer hy praat. En sy vrou lag so breed, haar kop val amper af.

Almal buig voor die wonderlikheid  van die liefdadige biljoenêr-Belegger. Die een met sy hand in omtrent elke privaathospitaal in ons land. Die een wat voel die wêreld het net 300 miljoen mense nodig. Die een wat voel arm mense teel te veel, nou gee hy gratis aborsies weg, en dan parte van fetusse oes. Die een wat sê ons mag nooit weer in groepe bymekaarkom nie, tot hy ons almal ingespuit het met inentings wat mikro-kompers bevat wat jou “elektroniese paspoort” sal wees om jou toe te laat in die skool, bank, supermark of kerk.

Almal buig voor die nuwe Messias, Hoofprediker vir Monsanto se GMO walggewasse, die Heilige Profyt homself, professionele mutimoordenaar en skatryk handelaar in babaparte en fetusbloedplasma, William Baal Gates.