Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

500 biljoen teen een persent rente, is 5 biljoen rente per jaar, teen een persent per jaar, elke jaar. Maar ons gaan nie een persent betaal nie, gaan ons? Hoeveel persent dan? Ons is pas verklaar tot “junk status”. Dis iets wat geen landsburger aangaan nie, al wat dit beteken, is ons buitelandse lenings dra ekstra hoë rente. Ons probeer uitvind wat presies die rente sal wees op daai halftriljoen rand lening.

Kyk, as daai leningtjie van oom Cycil, ek bedoel Cecyl, ek bedoel Rhodesemaphosa, ag jy weet van wie ek praat. Teen vyf persent, kos daai ons 25 biljoen ‘n jaar, net rente. Vergelyk dit met die opvoedingsbegroting, wat nie eens naby 500 miljoen kom nie. Dis halfbiljoen teen vyf-en-twintig, dis een vyftigste, dis twee persent. Ons kan net twee persent afknyp om elke skool, universiteit en kollege in die land aan die gang te hou, maar vir die Investor het ons vyftig keer soveel. Ja-nee, daai twee boerejoodjies hou g’n kers teen oom Cecil nie. Cyril.

Maar darem gee die twee manne ons ‘n biljoen elk. Hoera en halleluja en whee-whee whee en boejaa bla bla bla. Ek het ‘n oggend spandeer om jaarverslae van die betrokke manne se reusemaatskappye na te spoor. Daar is oues, maar na omtrent 2016, verdwyn Anglo America se syfers agter advertensies en bogtery, wat hulle “Interim Results” noem. De Beers kan jy vergeet, hulle bestaan amper nie eens nie, net hulle winste is tasbaar. Hul laaste jaarverslag is ‘n advertensie vir juweelaankope. Belastingsyfers blyk geheim te wees. RMB, Rembrandt, Rupert, daai bra doen nie veel slegter nie. Op 7 biljoen wins betaal hy blykbaar 15 miljoen belasting. Of so lyk dit op my interweb-ding.

Laas wat ek kon hoor, omtrent 2014-6, het de Beers 1 biljoen in operasionele kostes gerapporteer, en 300 miljoen belasting betaal. 30% pas nie in by wat een van die twee jare terug gesê het nie, toe ons nog jonger was: “Enige maatskappy wat meer as 4 persent belasting betaal, moet hulle boekhouer afdank.” Mens kan dus aanvaar dat 300 miljoen was die belasting op profyte van minstens 7½ biljoen?

Alles wettig, hoor. Niemand breek enige wette wat hul self gemaak het nie, abaf bort. In 2016 lyk dit my, het Anglo een en ‘n half biljoen dollars in Suid Afrika gemaak, om en by dan net anderkant twintig biljoen rand. Teen vier persent, moes hulle dan seker 800 miljoen in belasting betaal. Sjoe! Agt, Honderd, Miljoen! Dis darem baie geld! Ek wonder wat dit sou wees as hulle belas was op winste, eerder as “overheads”.

Aghondermiljoen is steeds net vier persent van hul wins. Hoeveel belasting betaal jy? Hoeveel belasting sou die staat by jou benodig as maatskappye, sê, tien persent betaal? Die inkomstebelasting op salarisse dra blykbaar meer as 70 persent van die land se totale belastingslas. Nou is daar die rente op ‘n ekstra tienduisend (viva Cyril!) per persoon, man, vrou en kind. In werklikheid beteken dit honderdduisend rand of meer se rentelas op elke salaris, vir die wat nog gelukkig genoeg is om salarisse te ontvang… viva Cyril!

Nou weet ek nie wie ons die ergste beneuk nie; ‘n president wat honderde biljoene se skuld loop maak sonder goeie rede, of die reusagtige maatskappye wat die Suid Afrikaanse Polisiedienste gebruik as leenarbeid terwyl hulle moreel genoop voel om so min belasting as moontlik te betaal?

Miskien, en die is net ‘n klip in die donker, miskien, as maatskappye belasting moes betaal soos eerlike burgers, dan sou ons nie geskenkies nodig gehad het nie, en dit van die hoofaandeelhouers van maatskappye wat openlik hul doelwit om belasting in te perk, uitbasuin. Hulle kerm gedurig dat die regering te groot is, en wil alles privatiseer, terwyl hulle sydeling sanik oor ‘beleggersvertroue’, met ander woorde, meer polisie met groter gewere wat meer mense se klagtes aan die anderkant van die straat kan hou. Daardie koste is ALTYD vir die belastingbetaler se rekening. Hulle noem daai ‘austerity measures’. Minder geld vir skole, hospitale, riool, meer gewere vir meer polisie wat meer… Jy sien waar die lei. En dit is vir ons om te betaal, terwyl die Heilige Belegger kerm oor vier persent; “Waar’s my voordeel? Ek betaal honderde miljoene, hoe durf ‘n spoorwegwerker my aanspreek oor belasting!!”

As daar natuurlik nog spoorwegwerkers was, onthou jy nog die treine? Nou’s dit net Metro, en self dit loop net partykeer reg. Want “…privatisering sal ons red uit die onbevoegde hande van politici wat niks weet van Besigheid nie…” Tenminste het die fo… die treine het geloop.

Meestse mense deel Suid Afrika se onlangse geskiedenis op in Apartheid en post-Apartheid. Ons sal baie meer leer, en mekaar baie minder blameer, as ons daai divisie bietjie anders deel: Privatisering, en die dae voor ons volkseiendom oorhandig was aan internsionale sakemanne, wat eintlik kommunistiese bendelede is van die globalistiese godsdiens genaamd kapitalisme. En ons oorbevolk hul aarde… altans, so leer hulle die kinders. Al gooi ons steeds meer kos weg as wat ons eet. Sodat dit nie die “markprys negatief beïnvloed” nie, sien?

Anders, waar sal die Belegger tog dan nou die geldjie kry om vir ons te skenk sodat ons sy medisyne kan bekostig teen die siektes wat hy ontwikkel met die geld wat ons skenk vir ‘navorsing’. Soos oom Cecil Cyril wat nou weer gaan staan en teken het vir ‘n lening by ‘n fonds wat geskep is om wins te maak uit rampspoed. As jy nog wonder hoekom die Trumpet so kwaad is vir die WHO? In Julie betaal daai fonds dividente, dividente wat nou nie betaal sal word nie, want die geld is uitgeleen aan “deserving partners”. Soos ons, die junkbond “shithole country in Africa”. Blykbaar stink ons rentebetalings nie na ‘n putlatrine nie… net ons patriotisme stink nog in die neus van die Groot Globalis, Billy de Patch. Maar hy het ‘n inspuiting reg daarvoor.