Elke sel in jou liggaam bestaan uit lae-binne-lae. In die kern, kry ons die dubbele string aminosure genaamd DNA, in a sakkie. Buite daardie sakkie lewe ‘n verskeidenheid ..umm… bakterië, bekend as mitochondria Daardie wesentjies in jou selle is so klein, hulle kan nie eens DNA bevat nie, slegs ‘n baie eenvoudiger reeks aminosure in een elkele string, genaamd RNA. . In baie klein selletjies, soos amoebae, menslike sperm, of daai wespetjie se eier, is daar nie plek vir ekstra ‘wesens’ nie, maar vroulike eierselle dra heelwat van hierdie mitochondria met RNA.
Alhoewel jou DNA die sogenaamde ‘Kode van die Lewe’ is wat jou grootliks definieër as organisme, is dit die mitochondria (met RNA) wat uitdrukking gee aan daardie ‘kode’ deur die DNA string te ‘lees’ en dan opgefrommelde worsstringe uit te skei, wat ons polipeptiede noem. Dink aan ‘n laa-ang wors, opgefrommel in ‘n bolletjie. Dit kan ‘n protein wees, ‘n ensiem, enige van die miljoene verskillende boublokke van jou liggaam. Jy erf meeste RNA van jou ma, jou pa se sperm is te klein. Elkeen verskaf helfte van jou DNA, wat jou ‘n mens maak, maar jou ma gee al jou instink, jou nodigste mitochodriese RNA. Die beste wat jou pa kan doen is om jou maniere te leer.
Ons kan ook RNA verwerf deur dit in te neem. Elkeen verstaan tog die nodigheid vir borsvoeding, en vir klein kindertjies om grond te eet. Skoon, vars, vrugbare grond, nie daai giftige konkoksie van chemikalië en groeihormone waar jou Monsanto walggewasse so mooi groei nie. Ons verkry dit in die kos wat ons eet, die stof in die lug, die aanraking van ‘n geliefde. Geen gevoel is sterker as die bond tussen ‘n moeder en haar kind nie, of tweelinge. Hulle deel RNA van voor geboorte, met Ma en mekaar. Selfs goeie vriende wat mekaar se sinne voltooi, doen dit omdat hulle RNA deel, deur handskud, kos aangee, onsigbare spoegdruppeltjies wat immuniteit net so maklik versprei as pestilensie.
Wat van nuutgevonde romantiese minnaars wat mekaar se elke hartslag kan voel? Daar is vreeslik baie RNA in spoeg, en selfs al dryf my RNA nou in jou lyf, kommunikeer hulle steeds met die RNA waar hulle hoort; my lyf. Ek en jy is nou op kwantumvlak gebind deur sub-sellulêre organismes! My lyf wil naby jou lyf wees, want dan kan my binneste siel beter vir joune luister. Dis ware liefde. Paartjies wat ophou soen, dryf gou uitmekaar. Families wat nie saam eet nie, vervreem altyd. Die gemeenskapsmaal is ‘n belangrike aspek in elke kultuur wat nog kultuur het.
Wanneer jy deel in die Heilige Nagmaal (julle het gewonder wanneer ek ‘n punt sal kry, nê?) wanneer jy daai klein stukkie brood neem wat die prediker met sy eie hand voor jou oë afbreek, eet jy die RNA wat sy vingers agterlaat. So bind jy jouself aan die ‘gees’ van die ‘leier van God se kudde’. Wanneer die gemeenskaplike wynbeker verbykom, en jy neem daai klein kastige-slukkie? Nou deel jy RNA met elkeen wat voor jou gedrink het, en jy deel uit aan almal wat na jou drink. My moeder was ‘n afskaffer, maar sy het aangedring ons raak tenminste die rand van die beker met ons lippe. Die individuele kelkie is ‘n klap in die gesig van elke disipel en hul Meester. Die bloed is magtiger as die vlees. Met die brood bou ons ‘n gemeente, maar met die wyn bou ons ‘n gemeenskap. ‘n Kelkie vol wyn is nie die bloed van enige god nie, maar die beker wat jy deel met Sy gemeente bring saligheid vir almal.
Wanneer die banke ons toelaat om terug te gaan werk toe, en die winkels wat nog bestaan oop maak, en ons weer toegelaat word om mekaar in die openbaar te sien, waak teen snaakse nuwe regulasies wat indring op ons menswees. Wees versigting vir ‘n nuutgevonde vrees vir kieme en siektes. Wees bedag op mense wat predik vir ‘n samelewing waar ons nooit aan mekaar mag raak nie. Hulle gebruik wetenskaplike terme om vrees aan te jaag, maar hulle vermy wetenskap as sulks. Wetenskap vereis samesyn, anders loop dinge net dood.
En met die volgende nagmaal, steek jou hoogdrawendheid in jou sak en neem die beker, instede van daai vervlakste klein kelkie. Dis hoe ons nog altyd die gemeenskap ingeënt het. Let ook op uit wie se hand jy (en almal in jou buurt) jou gereelde gemorskossie neem. Ons almal gaan na dieselfde winkel toe, en wie raak aan almal se kos? Dis reg, brrrr.
Die nuus is vol wanhoop en doodslag, maar dis meestal aangeblaasde nonsens, terwyl die werklikheid dat tenminste party lande direk aangeval word, nie ‘n ordentlike geselskap genoem mag word nie. Let ook op dat elke liewe sogenaamde ‘oplossing’ sover, finansieël van aard is, of finansieël onaanvaarbaar is. Ons sal sien wat ons uiteindelik verkoop sal word as oplossings, maar wees verseker: ons gaan kaak en pattal.
Al wat ek voor hoop, is dat my regering onthou dit was net bedoel as ‘n oefening, nie ‘n rede om ons op te lyn vir inentings nie. Ek is bang vir Bill Gates se inentings, die goed is duur, besmet, en gee jou sover nog net meer rede om geld by sy hospitale te spandeer. Wat, jy dag hy doen komper-goed? Sy familie maak geld uit bevolkingsverdunning al vir baie dekades lank… en nou wil hy menslike kontak vervang met ‘n inspuiting.