Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Biologiese oorlogvoering is baie, baie oud. Of dit nou jakkalsies in die wingerd is, of kommandowurms in garslande rondom Upington, of tifus versprei deur komberse uit te deel aan armes of deur lyke in hulle waterput te smyt, die mensdom weet hoe om siektes te gebruik as wapen. Onthou die vrot lyke oor die kasteelmuur gewerp met yslike katapults? Onthou die Spaanse Griep van 1920, wat die Amerikaanse soldate daar aangebring het al die pad van hul basis in Amerika? Die wêreld het plek-plek helfte van die bevolking verloor! Wat as dit vandag moet gebeur? Is jou regering voorbereid?

Is jy voorbereid, of gaan jy in die strate staan en skreeu dat die spoeg so spat: “HULLE moet iets doen!” Wie HULLE ookal in jou kop mag wees, daar is groter probleme as jou politieke gesindhede en bokse vol giftige handreiniger. Die voortbestaan van ons spesie kan in die weegskaal wees, veral deesdae wat elke Jan Rap sy maat op ‘n jôl deur die wêreld sleep. En wat gebeur as Amerika ons vol kieme strooi? Kyk, as jy nou wil bybelversies aanhaal oor Die Toorn wat een derde van die bevolking moet uitwis voor jy hemel toe gaan, luister nou mooi: Dit is ons menslike plig om elke terugslag teen te veg, al lyk dit hoe hopeloos. Ons is dit verskuldig aan ons nageslag, en baiekeer moet hulle die geveg voortdra, tot in ewigheid, as dit moet. Of dit nou  jou genadige God, of my euwel Federale Agent, of Trump se cheating Chinese is wat die pes vrylaat, ons moet terugveg, so goed ons kan. God het my die wil en vermoë verskaf, al dan nie?

So, kom ons hou een moerse oefening! Kom ons gebruik die televisienuus, en koerante, en internet, en afkondigings, en Twitstabook, en ons vertel die wêreld ons oefen vir ‘n grootse pestilensie wat die aarde bedreig. Ja, kom ons doen daai! Wat gaan jy doen, geagte leser? Jou agterent daaraan afvee? Jou prokureur bel en almal om jou begin dagvaar vir verlore inkomste, geestelike trauma, die pyn in jou knypspier omdat al die sagte toiletpapier uitverkoop was? Nee, wat, kom ons kondig liewer nie so ‘n oefening aan nie... Maar ons moet iets konstruktiefs doen! Ons betaal sogenaamde eksperts reeds dekades lank baie miljoene om planne te bedink en probleme te voorsien en antwoorde te vind, en die resultaat sover is iets wat ons met klein bietjie geduld uit die naaste kleuter kon kry.

Rondomtrent einde 2018 het die Yanks bekendgestel dat hulle biologiese navorsingprogram weer aan die gang gesit word. Asof enigiemand ooit gestop het! Maar dis nie vir oorlogvoering nie, sê hulle, dis net vir selfverdediging. Wanneer ‘n boelie begin praat van selfverdediging, begin solank hardloop. Vroeg in 2019, kondig iemand aan dat hulle ‘n SARS-tipe verkouevirus getem (en gepatenteer) het, sy gevaarlike binnegoed uitgeskep het, en hulle gaan hom nou vrylaat in ‘n groot stedelike omgewing. Elders op hierdie webwerf het ons gekerm daaroor, maar nie eens die vrou wou luister nie.

Die doel was om dan die verspreiding van die virus te volg met moderne tegnologie. Dis nou die deel van jou foon wat elke tree wat jy gee op ‘n kaart bêre. Nee, hulle volg jou nie, dis maar net hoe die netwerk weet waar om jou oproepe te kanaliseer, sien? Laat in 2019, so rondom die Davos-geleentheid waar die rykes en magtiges hulle instruksies vir die volgende jaar ontvang, het Billy de Patch ‘n uitgesoekte groep biljoenêrs vermaak met ‘n verslag oor die kompersimulasie wat hy sopas betaal het voor. Blykbaar het hy slegte nuus aangaande virusse en hoe hulle die wêreld bedreig. Sy goeie nuus is ‘n nuwe metode om merkers in die inspuiting te sit, wat jou, jou toetsstatus en inentingstatus kan identifiseer. Hy noem daai “ID-2020”. Drie maande later ken die hele wêreld die woord Corona, en nou vrees almal Covid-19, en Bill wil net inspuit!

Met deernis aan diesulkes wat reeds gesterf het, en nog sal sterf. Julle is (meestal) sydelingse skade, verskoon deur die mantra van “ter wille van openbare gesondheid” en so aan. Ons moet ook die pers se geneigdheid om te dweel byreken. Onthou die eerste dae van VIGS? Elke dag honderde dood. Toe, skielik, sterf mense aan longontsteking, TB, nierversaking, ‘komplikasies by xxx’ en so aan. Nog steeds VIGS, maar die doodssertifikaat vermeld die patologiese oorsaak, nie die oorhoofse kondisie nie. Net so gaan mense nou dood aan allerhande dinge, en elkeen wat hulle kan, sal beskryf word as ‘Corona-related’. As ek my eie keel afsaag met ‘n bottermes, sal more se koerante julle vertel van my “corona-related depression” of so iets.

 Daar is rede om te glo party spesifieke groepe word terselfdertyd geteiken deur genoom-spesifieke variante van die virus. Soos met Iran, jy kan die dodetal gebruik om te sien hoe moerig Amerika met enige spesifieke land is. Moenie vergeet dat Italië gesondig het deur die Belt-and-Road Initiative kontrak met China te teken nie. Spanje ook. Ons ook… maar ons doen nog goed, alle heil aan ons regering. ‘n Ander keer wat ons onder ooglopende biologiese aanval was, was toe kommandowurms skielik leer gars eet het in die noord-Kaap.

Toe die komandowurms die splinternuwe garsplase anderkant Upington aanval, was dit duidelik beplan. Die hele ramp het gesprei vanaf konsentrasies wurms plops in die middel van die ploegland, wat buite toe gevreet het… Nog nooit voorheen gebeur nie. Nêrens. Ons land het amper ‘n onafhankilke bron van graan ontwikkel, maar toe gebeur daar iets ongeloofliks. Maar die gemiddelde burger het niks daarvan geweet nie, nie eens die wat brou nie. Dit was ‘n spesie-spesifieke aanval deur middel van ‘n gemodifiseerde organisme. Kommandowurms eet nie gewoonlik gars nie. Hulle vlieg ook nie, nie as wurmpies wat smag na daai lekker groen in die middel van ‘n landery nie. Iemand het hulle ‘geleer’. Ek is nie bewus dat my regering enigsins enigiets eienaardigs raakgesien het nie.

Meer onlangs was daar die geval waar ‘n patogeen, Listeriosis, vrygestel was in ons voedselketting. Soos ons daai tyd gemor het, was dit ‘n aanval, en daardie aanval mag dalk (wie weet?) iets te doen het met die feit dat daardie spesifieke kosvervaardiger nou aan PepsiCo behoort. Ons het die finansiële oorlog verloor daar, maar ons het wel ‘n openbare plan van aksie gehad, genade weet wat dit ons gekos het, maar daar was tog ‘n soort plan.

Ons is in die midde, uhm, begin? Daar is tans ‘n griepepidemie aan die gang, en die hele wêreld is besig om te kwarantyn. Die daaglikse nuus is ‘n histeriese gesanik oor onbevoegde regerings, ongeërgde politici en onbetroubare statistieke, maar dit is alles net nonsens. Bill Gates besit reeds omtrent helfte van ons sogenaamde ‘gesondheidsdiensverskaffingsnetwerk’, wat hy stil opgekoop het terwyl ons staan en handjies klap het vir sy “gratis” polio inentings. Nou het hy die Federale kontrak gewen om die kroonvirusinenting te ontwikkel. Net soos sy kompersagteware, is Billy de Patch se mediese oplossings vol geleenthede om nog mediese oplossings te verkoop. Sy vingerafdrukke lê ‘n laag smetterige vetterigheid regoor die sognaamde pandemie, en daar bly net een vraag oor:

Gaan ons regering hierdie oefening gebruik om selfstandige oplossing te vind, of gaan ons alles net weer uitkontrakteer aan ‘n ding wat polio, mikrocephalia  en steriliteit oor die aarde sprei deur sy vervlakste inentings, terwyl hy ons gedagtes daaroor polisieër met sy kompersagteware wat na elke woord luister wat jou kinders uiter? As ons Billy se ‘oplossings’ koop, wees verseker: ons gaan biljoene spandeer aan “patches” vir sy <@k wat nie wil werk soos geadverteer nie. Dis hoe sy besigheidsplanne altyd werk... En sal sy Netcare robotte asseblief ophou om my te SMS met nonsens!!!

Maar vir nou is ek nogal beiïndruk met my regering se hantering van sake. Ons sluit more, 2020-03-26, dag na payday, alle onnodige besigheid. Die multinasionale maatskappye verleen natuurlik broodnodige dienste waarmee nie ingemeng mag word nie. Ons moet nog sien hoe ons gaan rondbeweeg, en hoe lank alles regtig sal aanhou. Die ouens wat vir ons gelag het oor ons sonkrag en mielielandjie en hoenders wat net rondloop sal ons sekerlik binnedaags bel vir ‘n kuiertjie?  Intussen skuif ek ook die varke nader aan die huis, net ingeval die supermarkte regtig leegloop...

Sopas die amptelike reëls van ons nasionale kwarantyn ontvang. Dit is streng, hoor! As iemand wat ver buite die dorp bly, kan ons net probleme verwag. Vanmiddag, die 25ste, se rit van die kantoor af was gereeld onder toestande van bedreiging deur mense wat onverskillig ry. Spesifiek het ons ongewoon baie trokke gekry wat roekeloos jaag, en dit deur Johannesburg se voorstedelike strate. Ons stel voor almal dut so bietjie in die warmste van die dag, sodat ons wakker kan wees in die donker ure wanneer die “hongeres” ons teevees kom haal, hulle weet blykbaar hoe om hom sag te kook. Dis op die pad waar mense hul gesag, of tekort daaraan, vir wet en orde beste uitstal. As die trokdrywers skielik onverskrokke deur karre begin jaag, het iemand hulle beskerming belowe, en dit beteken iemand met gesag het gesag vir die wet verloor.

Hierdie pandemie mag dalk net ‘n oefening wees, maar ons moet let dat niemand die geleentheid aangryp om ons regering te verstrengel nie. Onthou 9/11 en daai twee torings: ‘n doodgewone gebousloping was verbeeld as ‘n terroriste-aanval om geld te spaar/maak, en meer as ‘n twee en 'n half miljoen Irakiërs het soos honde gesterf, kastige weerwraak, maar eintlik net internasionale bedrog en onwettige besetting van die olievelde. As u die nonsens geglo het oor 9/11, moet asseblief nie weer luister vir mense wat betaal word om te lieg nie. Een groot gevaar met "eksperts" wat luid kerm, is hulle wens om almal, gereeld, teen hulle sin of nie, in te ent met allerhande gemors. Ons sal nie hier ingaan op inentings nie, maar as jy wil kom stry, maak seker jy kan ons presies vertel hoekom julle so baie metaalskerfies en vreemde organiese materiaal daarbinne sit. Inentings is 'n grootse bron van kanker, en hierdie massa-optrede van die regering/s kan dalk gou lei tot verpligte inspuitings oral waar jy gaan. Party mense noem daardie program Covert-19.

Covid-19 is die grootste internasionale toets van die mensdom wat ons ooit behoorlik beplan het. Moenie paniekerig raak nie, maar neem deel asof dit ernstig is, ons regerings het eerlike en volledige data nodig. Nie net vir die dag wat die aarde regtig oorval word deur ‘n Groot Pestilensie nie, maar ook vir die dag wat die Amerikaners (of ander kommunistiese bankgiere) ons besmet in ‘n direkte aanval. Ons volk kan die grootste oefening in mensegeskiedenis gebruik om alles te leer oor die vyand se metodes, of ons kan sit en kla en aankla en verkla. Moet net asseblief nie begin bid vir die einde van die sondige mensdom nie, Covid-19 is 'n oefening, nie die Wederkoms nie.

En het iemand vir my ‘n paar pond koekmeel? Die rakke is leeg!

Let ook op hoe ons geld blykbaar nikswerd geword het, en al wat die ekonome mee kan opkom is "dis die virus". Hierdie gemors dreig om die grootste kaping van die aandelebeurs te wees sedert Rothschild valse berugte or Waterloo versprei het. Net die keer is dit nie net London nie, dis dalk die hele aarde.