Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

PepsiCo is hard besig om ‘n paar aartappelboere in Indië te vervolg omdat hulle “Lay’s aartappels” kweek, sonder lisiensie. Soos ons voorheen met AgriSA probeer redekawel het aangaande voedselsekuriteit, is hierdie ‘n voorbeeld van hoe die ding werk om ons the verarm, verhonger en uiteindelik dan, uit te wis. Die boere se prokureur sien geen probleem nie, maar dalk is daar nie ‘n wet teen prokureurs wat hul kliënte valse hoop gee nie. Die saak gaan eindig soos elke ander van die soort, want ons regerings het handelsverdrae gesluit met Private Bankgiere, en daardie “verdrae” is eintlik monopolistiese kontrakte wat ons nasionale soewereiniteit bloot net verag.

Die hofsaak tussen PepsiCo en die Indiese kleinboere is nie oor aartappels nie, dit is oor patentregte. Die variëteit aartappel ter sake, is waarskynlik dan ‘n genetiese walgplant (GMO), en die sonde was nie om hulle te plant nie, die sonde was die uitruiling van saad tussen privaatpartye. Die Yanks noem dit “brown-bagging”, die oorhou van uitgekeurde sade vir die volgende seisoen se plant. Die hofsake is lankal afgehandel, en kardoesiesaad is onwetting in Amerika. So wat het dit te doen met Indië en, meer spesifiek, vir Suid Afrika? TTP, dit is wat. ISDS, dis wat. Die noodsaak om nuwe saad te koop elke seisoen, of jy gaan jammer wees, dáái is wat. Met mielies en so is dit maklik; die gemors groei net nie behoorlik die tweede of derde seisoen nie. Maar aartappels plant jy met stukkies aartappel, nie saad nie, al noem jy dit saadaartappels. Hoe keer jy nou die gemene kroeks wat jou “intellektuele eiendom” wil steel?

Soos ons altyd verduidelik, is “voedselsekuriteit” die totale beheer van produksie, berging en verspreiding van alle voedselbronne. Om dié reg te kry, is daar sekere programme wat al jare loop, soos minder en minder gewasse, maar meer en meer variëteite van daardie paar gewasse. Nou, die eerste ding om te verstaan van “variëteit” is dat dit heelwaarskynlik ‘n kruising is tussen twee subspesies. Soos byvoorbeeld ‘n perd en ‘n donkie, of ‘n pampoen en ‘n spanspek. Wat jy uitkry is dalkies eetbaar, maar dit lyk anders as die ouers en, mees belangrik, die ding sal steriel wees. ‘n Perd en donkie kruising is ‘n muil, en muile het nie voortplantingsorgane nie. Dis hoekom jy nie jou beet of wortels of tamaties kan kry om weer te groei nie, jy probeer laasjaar se saad, of saad uit daai lekker ‘honey melon’ of selfs net ‘n ZZ2 tamatie te herbruik. Dis hoe hulle die voedselvoorraad gaan verseker, sien? Deur alles veilig weg te sluit van die stoepid, arm en onverdienstelike mense af: Die saad groei nie meer nuwe saad nie. Jy sal koop wat ons jou gee. As julle ‘n relaas wil hoor van GMO en hoekom dit so giftig is, soek elders op hierdie webblad.

Maar aartappels groei uit ogies, so hoe stop jy daai? Jou regering, my regering, die Indiese regering, Europa, Asië... oral het die Yanks rondgeloop met hulle “Good Governence” kontrakte en sakke vol bomme wat skielik afgaan waar regerings nie wil teken nie, soos Libië, Sirië en Soedan. Selfs die massamoord in Nieu Zeeland, waar ‘n neo-Nazi kastig so baie Muslims in hul moskees vermoor het, was waarskynlik ‘n waarskuwing aan hul regering. Die dom poepies gaan bespreek mos nou die dag ‘n vryhandelsverdrag met China. Hoe durf hulle? Kort na dit, is Sri Lanka aan beurt. Raai wat die huidige handelsbalans is tussen Amerika, Sri Lanka en China? Die keer wou niemand verant-woordelikheid aanvaar nie, toe eien CIA-SIS dit maar, soos hulle elke ander ongeluk probeer eien as suksesvolle terreurdaad. Die Fillipyne wil ook nie luister nie, hou die spasie dop...

Terug na die aartappels; Die genetika is geregistreer in Amerika, en die TTiP-tipe verdrag het spesifieke taal in wat jou regering dwing om alle hofsake in New York aanhangig te maak. Jou regering het ook (dank Vader hulle het intussen geleer, en weier deesdae hierdie) geteken vir die ISDS ding. Investor/State Dispute Settlement. Instede van jou land se wette, sal alle onderonsies tussen jou, Suid Afrikaner, en enige van die menigte internasionale maatskappye, arbitreer word deur die ISDS. Dis nie ‘n hof nie, dis ‘n verkragting van nasionale soewereiniteit. Jou regering mag ‘n verteenwoordiger stuur, die maatskappy waarteen ons gesondig het, stuur ‘n verteenwoordiger, en die Wêreld Bank stuur een van hulle bankgiere om oordeel te lewer. Tot datum, het geen regering nog een saak gewen nie, en elke saak loop uit op biljoene, biljoene in straf vir enige inmenging wat ons en ons nasionale wette op ‘n sakeman probeer afdwing. Jy weet, soos “hei, boet, jy kan nie jou gif net uitpomp nie, kyk hoe vrek die visse, en die duine is almal weggervreet deur jou masjienerie!” Daai saak het ons, die belastingbetaler, vier-en-‘n-half biljoen gekos. Biljoen. Dollars. Want die ou het besluit omgewingsbewaring dring in op sy (onwettige) mynery.

Dieselfde handelsooreenkoms is wat die Indiese prokureur teen gaan vasloop. As die hof hom toelaat om te wen, is die regering skuldig aan kontrakbreuk met Amerika. As hy verloor, gaan ‘n klomp mense kwaad wees, die boere gaan boete betaal (en waarskynlik grond verloor en/of selfmoord pleeg oor skuld), die prokureer sal ‘n les geleer word, en ons almal sal sien wat gebeur as jy dom genoeg is om te dink jou nasionale wetgewing het enige invloed op enigiets enige plek, behalwe wanneer dit tyd is vir jou en my om ‘n les geleer te word.

Jy mag nie ‘n maatskappy beswadder nie, terwyl bykans elke maatskappy teer op die aangekweekde waardeloosheid van die verbruiker. Ons word beloer en belieg en hulle mag robotte kry om jou te bel. Ek daag jou, kies ‘n vreemdeling uit die telefoonboek, en begin hom bel met ongevraagde snert. Hoeveel keer voor die Pote by jou voordeur opdaag? Maar hulle noem dit “advertensie”, en hulle verhaal die koste van hul opdringerigheid van belasting, as ‘n besigheidsuitgawe. Dis bekruipery, man, koekeloerdery, die bokkers agtervolg my!

Ons is onderhewing aan ons eie wette, ons is onderhewig aan handelsverdrae, ons is onderhewig aan enige sanksie of lewensfooi wat die Yanks ons opleg, en ons het baie minder menseregte as die gemiddelde internasionale maatskappy.  Ons mag nie eens meer oor die heining leun, en sê: “Hierso vriend, ‘n pakkie saad vir die vrou se groentetuin” nie. Hulle patenteer al hoe meer genetiese kode, en hulle verwoes wilde genetika. Hulle kruisteel en modifiseer gene tot dit patenteerbaar is, en eersdaags sal dit onwettig wees om jouself te voer. Voëlgriep en Varkverkoue is maar net die begin van die oorlog wat alle “ongelisensiërde spesies” van jou af sal weerhou. Jag? Weens “buitelandse beleggers” beset die World Wildlife Fund miljoene hektaar van ons land se soewereine grondgebied. Kastig vir wildbewaring, maar eintlik gee dit enige poepol met ‘n geweer die reg om ‘n wildstroper (poacher) op die plek vrek te skiet. Waar jy nie loop nie, behoort nie aan jou nie. Waar jou regering se wette nie tel nie, behoort nie meer aan jou land nie. Waar die WWF regeer, behoort aan die IMF en trawante.

Want, want... want voedselsekuriteit! ....o, die boere behoed ons!

Die wat nog ou saad het wat werk, natuurlik.

Opgedateer voor uitreiking:
Indië het toe nie daai TTP verdrag geteken nie. Selfs Suid Afrika, dekades al die finansiële vloerlap van die Fed, het spesifieke wetgewing uitgereik om die kanker van die ISDS en soorgelyke bedrog te beperk tot ons eie howe. Hopelik gee dit ons meer waarde tenoor maatskappye as wat ons huidiglik het. Die uiteinde van hierdie spesifieke saak is dat PepsiCo hul saak moes laat vaar vir vandag, maar dit is het einde niet. ‘Brown-bagging’ is een van die baie dinge wat die Yanks oor ons hang, maar soos die artikel vermeld, kweek mens nie aartappels met saad nie, so hoe gaan hulle ons stop?

Soos ander mense op hierdie webwerf al voorspel het, wag ons met inspanning op die patatpoep-virus. Hoenderverkoue en varkgriep is reeds uitgewys as biologiese wapens in die soeke na voedselsekuriteit, en ons verwag ‘n nuwe tipe landbou-krisis. Met slegte weer as verskoning, styg kospryse pragtig en bevredigend. Wat van groente, sal mense nie net bloot weer plaaslike plasies bou nie? Om dit te keer, gaan hulle ‘n nuwe swam “ontdek”? Jy weet, hy “bestaan al jare”, ons verstaan nie hoekom dit skielik so erg is nie, maar moenie warrie nie, hier is die inspuitings. Op spesjil, jy sal volgende jaar eers die regte prys hoor. Dit sal nie bekostigbaar wees vir kleinboere nie, of goedkoop en net so giftig soos Roundup en kie. Solank jy net weet jy gaan nie aartappels groei sonder lisensie nie. Of wortels, tamaties of enigiets voedsaam, tensy jy dit agter slot en grendel doen, op kontrak, weg van die armes wat nie wil investeer nie.